DE ROEPSTEM - DIE ROEPSTEM
Suid-Afrika en NamibiëVlaanderenNederland en de Nederlandse AntillenSuriname


Na die Hoofbladsy van Die Roepstem

Naar Thuisbladzijde



BoereSport 2004
Op besoek by die Afrikaanse Boere-Gemeenskap in Argentinië
 







Jerónimo Ignacio Pino Coviello is 'n Argentyn wat uit belangstelling vir Afrikaans dié taal bemeester het.



Die pad na die Boeresport toe

6 Februarie 2004: Een van die 9 padtekens wat die boeregemeenskap in Argentinië verlede week langs die pad geplaas het. Dit was rêrig ´n harde werk!

Inhoud


  • Die hartseer begindae van die Boerekolonies
  • Die tradisie van Boeresport word gehandhaaf
  • Die regte plek vir die regte fees
  • 'n Nuwe uitdaging vir die ou tradisie
  • Vriende van die Boere, kom kuier!


    Die Boeresports in Patagonië is ´n jaarlikse fees waar al die Boerefamilies mekaar ontmoet en waaraan almal, van alle ouderdomme, deelneem met sportkompetisies, dans, sing en baie ander feestelike aktiwiteite. Hulle speel en dans ook tradisionele Boere-, Afrikaanse en Argentynse volksmusiek; hulle hou verkiesings vir die 'Koningin van die Boeresport', ensovoorts.



  • Die hartseer begindae van die Boerekolonies

    Aan die begin van die 20ste eeu (in die jare 1899-1905, toe die Engelse Empire die Boere bitter onderdruk), kom die Boeregemeenskap aan op Comodoro Rivavadia, op soek na vryheid (klik hier vir meer geskiedkundige en aktuele inligting). Comodoro Rivadavia is deesdae 'n taamlike groot dorp aan die Atlantiese kus van Patagonia, Provincia Chubut (Argentina). Toentertyd was dit 'n klein dorpie. Daar moes die Boeresetlaars nog geruime tyd in tente bly. Dit was voordat die Argentynse regering vir elke gesin verskillende stukke grond gegee het (veral in die omgewing van die dorp Sarmiento), waarop die Boere hul huise kon bou. Daardie huise was met klippe of barro (dit is slik of modder – MRB) gebou. Hierdie gesinne het mekaar eerder as vriende beskou; hulle het eintlik een groot 'familie' gevorm. Met 'n hartseer hart moes hulle toe afskeid van mekaar neem, want elke gesin moes hom in sy eie nuwe tuiste vestig, op verskillende ver weg plekke. In daardie dae was die groot 'familie' geskeur, en kon hulle nie geweet het wanneer hulle mekaar weer sou ontmoet nie. Maar ná 3 jare besluit hulle om ´n reuse-saamtrek te organiseer, en so het die Boeresport uiteindelik begin! Daar het hulle gekampeer, spele gedoen, aan sports deelgeneem; net soos hulle Argentynse afstammelinge deesdae.


    Die tradisie van BoereSports word gehandhaaf

    Dié eerste saamtrek was op Solano Baai gehou, maar net een persoon van daardie mense wat beloof het om weer by sy mense aan te sluit, kon ongelukkig nie die okkasie belewe nie, omdat hy oorlede was. Egter, die vreugde wat hulle gevoel het was so intens; daar was mos vir die eerste keer die moontlikheid om hul herinneringe en lewensstories te deel met dié mense met wie hierdie avontuur op soek na die vryheid begin het.

    Op pad Sierra Chaira toe

    Dis ekke, op pad Sierra Chaira toe, in ´n 4x4 Land Rover met die Van der Merwes. Kyk die landskap; dit lyk soos ´n woestyn, nè? Welkom in die Sentraal-Patagoniese gebied in Argentinië!!

    Hulle was so entoesiasties dat hulle dit 8 dae lank gevier het. Hulle het die Suid-Afrikaanse danse baie geniet, asook die tradisionele geregte, terwyl hulle verskeie sportkompetisies gedoen het.

    Volgens tradisie steek die jong meisies ´n kleurige lint aan die wenners van die kompetisie vas. Daar was een geval waar die aanwesiges geskok was omdat ’n meisie van die dorp ’n lint van haar onderklere afgetrek het en dit aan die wenner vasgesteek het. Van daardie dae af het die BoereSports uitgegroei tot die Boere-nasate se vernaamste sosiale bymekaarkomplek.



    Op pad Staalberg toe

    Tradisioneel begin dié fees jaarliks op die derde Vrydag van Februarie. Van die toetse is tiro al blanco (‘n tipe skietwedstryd met teikens), perdereisies, en ook wedrenne met drie bene, perdeysters, carretillas (kruiwaens – MRB), lepel-en-eier, ens. Almal neem deel daaraan, van babetjies tot ouer mense; vrouens sowel as mans. Op die end van die fees kry die wenners ´n prys.

    Hier speel die Boere die wedren met 'drie bene'
    Hier speel die Boere die bekende wedren met drie bene; kyk
    hoe die mense met een van hul bene aan mekaar vasgebind is!

    Dertig jare lank was Pedro van Wyk die man wat vir die buffet gesorg het op hierdie ontmoetings. Dié werk was betaal, so hy het ´n persentasie van die inkomste vir sy verdienste ontvang en die oorskiet van daardie geld was bestem vir die koste wat hulle nog moes delg. Daarna was die 'bolichero', soos die man agter die buffet genoem word, se taak oorgedra aan Andrés Botha, wat nou al ses jare die gaste van drankies en kos voorsien.



    Die regte plek vir die regte fees

    Deur die jare heen die het die ontmoetings op verskillende plekke plaasgevind, soos op 'Bruc Oan' in Laguna 3 Botellas, 'Bella Vista' op Sierra Chaira 800 meter verwyder van 'Kosie' se huis en uiteindelik, sedert 55 jaar, kom die nedersetters bymekaar op Sierra Chaira, op die familie Viviers se land.

    Twee perdeysters wat vir die perdeysterspel gebruik word.

    Hierdie gemerkte hoefysters gooi hulle op ´n klein stuk grond. Jy moet hulle so naby as moontlik aan ‘n stok mik, en as jy die hoefyster om die stok gegooi het, sal jy baie punte wen!

    Hierdie land was uitgekies omdat dit sentraal geleë is en omdat dit genoeg plek het om perde- en hardloopkompetisies te doen. Die plek bestaan uit ’n vlakte van 800 meters groot. Die nedersetters is dikwels ’n hele jaar lank besig om hulle diere af te rig en gereed te maak om die beste resultate te kry, alhoewel hulle maar ´n klein prys vir al die moeite ontvang. Daar is mos nooit genoeg geld nie. Gedurende die eerste jare van die Sport was alkoholiese dranke verbode, en dobbelspele was ook ongewens.



    Hier speel ek perdeyster met 'n teenstander
    Hier is ek besig om met my teenstander perdeyster te speel


    Die skuur met die drie vlae

    Die BoereSports-skuur. Hulle hys drie vlae: (vlnr) die Argentynse een, die nuwe Suid-Afrikaanse vlag en die ou Suid-Afrikaanse vlag. Van dié laaste vlag word hier gesê dat hulle voorouers dit saamgebring het (hierdie bewering berus egter op ’n geskiedkundige onwaarheid omdat dié vlag eers in 1927 amptelik vasgestel, en op 31 Mei 1928 in gebruik gemeen was, terwyl Argentinië se Boere uit 1899-1905 stam - MRB).

    Hierdie fees was altyd uitsluitlik ’n fees vir die Suid-Afrikaanse families. 'n Rukkie later oorweeg die Boere egter dat hulle hierdie fees moes oopstel vir almal. Dus die saamtrekplek was weer eens verander, en hulle het dit naby Comodoro Rivadavia (die stedeliker Boeredorp aan die kus) en ook na Sarmiento (die Boere-plattelandsdorp) geskuif, sodat meer mense daaraan kon deelneem.

    Maar party nedersetters was bang dat die fees sodoende te populêr sou word en dat die Suid-Afrikaanse tradisies verlore sou raak. Dit is die rede waarom hulle uiteindelik besluit het om die Sports op Sierra Chaira te hou, ten spyte daarvan dat dit ´n onherbergsame plek is met min water (daar is nie bome daar nie, en die son skyn baie sterk).

    Baie jare gelede, voordat hulle ’n skuur gebou het, was daar ‘n sterk storm, en terwyl die mense langs ’n baie diep sloot lê en slaap om ’n bietjie skuiling teen die slegte weer te kry, besef hulle dat hulle in die water dryf, omdat die sloot vol water was. Aanvanklik was hulle so bly daaroor en op die eerste stadium het hulle het gedans op die sopnat grond. Maar jare later messel meneer Gerardo de Lange uit 20.000 stene ´n groot, ronde muur met ´n dansvloer wat hulle teen die weer moes beskerm. In die jaar 1973 het hulle in Rada Tilly die eerste skuur gekoop; hulle het dit gedemonteer en Sierra Chaira toe gebring, en dit opnuut op daardie plek gemonteer. Van dié oomblik af dans die Boere binne-in die skuur. Die buffet is ook daar. ’n Mens kan daar koeldranke kry, asook alkoholiese dranke en lekkers en soetgoed vir die kinders, terwyl die mense rondom die skuur kampeer.


    'n Nuwe uitdaging vir die tradisie

    Maar toe besluit die lede van 1990 se kommissie om op te hou met hierdie tradisionele fees… Baie mense was nie so bly om hierdie nuus te hoor nie. Daar was dan ook geen fees in 1990 nie. In die jaar 1991 dreig dieselfde om te gebeur, waarop ´n groep van nasate en vriende van die Boeredorp Sarmiento af besluit om weer die Boeresport te organiseer, ondanks die slegte ekonomiese toestand in daardie dae.

    Perdereisies

    Perdereisies; die 800 meter spoedtoets.

    Die nuwe idees was uitgewerk en georganiseer deur Roberto Cleland, Rebecka Dickanson de Frances, Andrés Blackie, Juan Lubbe en Carlos Henning jr, met die hulp van die SA Klub se vriende. Hulle het die uitdaging aanvaar om die fees te reël met die bedoeling om hierdie geweldige tradisie te behou en te bewaar. Dus, gedurende die dae 15, 16, en 17 Februarie 1991 word die Sports weer op Sierra Chaira gevier, waaraan ´n aansienlike aantal persone deelneem. Dit gaan so voort tot hede.

    Op daardie oomblik het hulle die vergadering gehou, met die bedoeling om die Suid-Afrikaanse Klub se kommissie te vernuwe, maar hierdie keer met ´n geskiedkundige feit vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap; vrouens kry ook ‘n beslissende stem in die vergaderings gehad en hulle vorm ook ´n deel van die nuwe kommissie!

    Hoogspring

    ‘n Ander spel: jy moet oor ´n tou spring, en die volgende keer wat jy spring is die tou hoër.

    Hierdie nuwe Boeresport sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van Sarmiento se winkels nie - hulle het die pryse vir die kompetisies gratis gegee. ’n Groot hulp was ook die mense wat met hul motors die grondpad, wat Sarmiento met Sierra Chaira (146 km.) verbind, gereed te maak. Van daardie jaar af word daar nie meer vir die buffetdiens betaal nie, en met dié verdienste het hulle begin om die pryse te koop. Almal was weer herenig om vasberade saam te werk met een doel: om dit nie toe te laat dat dié fees ooit sal uitsterf nie!

    Deesdae is die Boeresport bewaar danksy die wense van ´n groep Boere-nedersetters se afstammelinge, wat - verenig in die Suid-Afrikaanse Klub - hulle kulturele erfenis en tradisies deur die tyd heen wil behou. Vir drie dae bly hulle in tente, net soos in daardie ou dae toe hulle voorouers na hierdie onbewoonde Patagonië aangekom het. Hulle maak soos hul ouers, oupas, oumas of oupa-grootjies en ouma-grootjies: elke gesin is besig om sy eie kos te kook in die buitelug en hulle deel die vreugde om weer mekaar te ontmoet. Hulle kies ook steeds die ‘Koningin (net soos ‘n "Miss") van die Sport’. Hierdie tradisie noem hulle gewoonlik 'Sport'. Die fees is baie gesond, met families, nie baie alkohol nie, dis ´n gesonde ontmoeting.


    Sakkie-sakkie met braaivleis
    Een aand was daar ´n sokkiejol met Afrikaanse boeremusiek
    en ook egte Argentynse musiek. Ons het daar 'Sarie Marais'
    en 'Tannie met die rooi rokkie' gesing, met baie ander liedjies.

    Hulle moet ´n masjien saambring om water te delwe want daar is niks water daar nie. Hulle doen rêrig ´n groot inspanning om hierdie Sport te vier en bewaar want dit kos baie geld, maar hulle wil hul kultuur bewaar. Hulle moes selfs die pad saam met die burgemeester van Sarmiento klaarmaak. ’n Mens moet darem beter met ´n 4x4 soontoe gaan.

    Vleisiebraai oppie warm someraand
    Meneer Daniel Botha, ´n Afrikaanstalige Argentiniër,
    met sy egte braaivleis! Dis baie lekker kos, daai!


    Vriende van die Boere, kom kuier!

    Ek was daar vanjaar (Februarie 2004). Daar het ek met die Boere gesels - party van hulle praat mooi Afrikaans - en van dié lekker saamwees het ek foto’s geneem. Alle foto’s op hierdie webbladsy het ek toentertyd gemaak. Op die dansaande sing hulle liedjies soos "Tannie met die rooi rokkie", "Sarie Marais" en ander ou boeremusiektreffers. Maar hierdie fees is nie vir net enigiemand geskik nie. Net die mense wat nou rêrig beplan om ´n Suid-Afrikaanse Boerefees te gaan vier sal dit geniet, want Sierra Chaira lê in die gramadoelas, in die middel van die Patagoniese woestyn. Tydens hierdie ‘BoereSport 2004’ was die weer baie warm. Bedags was dit deurentyds 37ºC sodat die mense vir mekaar in Afrikaans sê: "Die son brand!!", maar in die winter, word die Sierra Chaira met sneeu bedek, en daal die temperatuur tot onder die vriespunt. "Sierra Chaira" beteken in Afrikaans "Staalberg". Die naam kom van ´n Boer wat op daardie plek ystererts gevind het.


    Ons tentekamp by die skuur
    Ons het almal in tente gebly

    Die Boere is daar baie vriendelik en almal wat regtig belangstel, is baie welkom om daar te wees!! Dit is een van die talle voorbeelde van immigrantekolonies in Argentinië wat ’n groot verryking vir ons land beteken. Tot siens by die Boere in Patagonië!

    Lede van die Boeregemeenskap
    Welkom by die Boere in Argentinië / Argentina!



    Die Roepstem, Voorschoten, Nederland: Kopiereg 2004

    Geskryf deur Jerónimo Ignacio Pino Coviello, in Argentinië.

    Redigeer deur Marcel Bas.


    Vir meer inligting oor die geskiedenis, totstandkoming, samestelling en hede van hierdie merkwaardige Boeregemeenskap, kuier gerus by ons ander webbladsy 'Die trotse honderdjarige gemeenskap van Afrikaners in Argentinië (1902-2002)'. (Klik asb. op hierdie blou reël)




    Wilt U reageren? U kunt De Roepstem een e-mail sturen: Stuur 'n boodskap! Terugvoering word gewaardeer.




    Roepstem Inhoudsopgawe / Inhoudsopgaaf:

    | De eenzame strijd van Adriaan van Dis | Ter Verdediging van Zwarte Piet | Over Orania: een Nederlandstalige verklaring | Onderhoud met Marcel Bas in tydskrif In Diepte | Identiteitspolitiek in Nederland | Bezoek aan Zuid-Afrika in 2007 | Traditionele muziek van eigen bodem en van de Afrikaners | Menno van Coehoorn en de vesting van Namen | De Vier Heemskinderen | Wallonië is deel van de Nederlanden | Virginia Woolf's class consciousness | Boekbespreking: Hermann Wirth | Engelbert Dollfuss: corporatisme in Oostenrijk | António Salazar: corporatisme in Portugal | A la recherche du sens perdu? | De noodklok luidt voor het Afrikaans | De knieval van de Mondriaan Stichting | The Meaning of Tradition in Homer's Odyssey (English) | The demise of the Scots spelling system (English) | Waarom een Hollander een (halve) Vlaming is | Vlaanderen, de Calimero van West-Europa | Het Waalse aandeel in de Opstand | Haarlem heeft een Vlaams gezicht | Zannekin Jaarboek 2005 | Turkije is geen Europees land | Tegen EU-toetreding Turkije | Invloed van Afrikaans op Zuid-Afrikaans Engels | De Reformatie in de Nederlanden | Op besoek by die Boere-Sports in Patagonië, Argentinië | De Vlaamse Beweging en de (toekomstige) Macht | Verengelsing in Nederland en Suid-Afrika | Afrikaans, die Sondebok | Leiden, een Heel-Nederlands succesverhaal | Zuiderse kijk op de Nederlanden | Nederlandse handelscompagnies (1602-1795) en verbreiding v/d Nederlandse taal en cultuur | Guillaume Groen van Prinsterer en de Scheuring van de Nederlanden | Die trotse honderdjarige gemeenskap van Afrikaners in Argentinië (1902-2002) | De Engelse Ziekte van Tijdschrift Cosmopolitan | Van der Postgastehuis in Philippolis, SA | Pieter Geyl in Zuid-Afrika | Kleurrijk en Cultuurrijk Nederland / Kleurryk en Kultuurryk Nederland | De Nederlanden in de 21ste eeuw | Bezorgde kanttekeningen bij Euro en EU | De herrijzenis van de vertrapte Afrikaner taal en cultuur | "Er zijn geen Belgen!" | Bijdragen aan De Roepstem van Stichting Taalverdediging | Frans Vlaanderen | Prof. dr Geyl: "Zuid-Afrika in Heel-Nederlands verband" | Groot-Nederland versus Heel-Nederland? | Taalverslapping is Taalverloedering | Afrikaans - Nederlandse Valse Vrienden | De Nederlanden in het Verenigd Europa | Boere-oorlog: Genl. De Wetherdenking in Nederland | ANC-cultuurimperialisme bedreigt Afrikanercultuur | Paul Kruger en zijn Volk | "Julle Nederlanders vermoor julle eie taal!" | Afrikaans-Nederlandse opmerkelijke verschillen | De twee Nederlandse Volksliederen | Die Suid-Afrikaanse Volksliedere | Die Vlaamse Volkslied; De Vlaamse Leeuw | Die Volkslied 'Die Afrikaanse Leeu' | Het Wilhelmus, volledig en oorspronkelijk | Het Surinaamse Volkslied | Deel I Discussie: Prof. P.C. Paardekooper| Deel II Discussie: Hans van Zelsts Reactie | Deel III Discussie: Reactie Van Oostrum op Van Zelst en v.v. | "Die Genootskap van Regte Afrikaners" | Introduction to Afrikaans and the discrimination it faces (English) | The united Europe as an antidote to a democratic nation-state in the ideas of F. Nietzsche (English) | Het Gehele Ingescande Boek van Edmondo de Amicis 'Holland and its People' (English) |




      Hierdie verslag is geskryf in Februarie 2004 en gepubliseer op Saterdag 10 April 2004.



      Na
 die Roepstem Hoofbladsy
      Naar Thuisbladzijde


      of:

      Naar boven