DE ROEPSTEM - DIE ROEPSTEM
Naar Thuisbladzijde
Onderhoud wat Jakes Möller met Marcel Bas van Die Roepstem gevoer het vir die rubriek In Diepte in die Februarie-uitgawe in 2008 van die Oraniabeweging se tydskrif Voorgrond. Dit volg op die konferensie in die Afrikanerdorp Orania waar Bas op 11 Augustus 2007 'n referaat oor identiteitspolitiek in Nederland gelewer het. Die Nederlander Marcel Bas het 'n jarelange belangstelling en verbintenis met Afrikaans en Afrikaners. Verder is hy ook 'n Nederlandse en Afrikaanse taal- en kultuuraktivis wat vanuit hierdie gemeenskappe 'n weerwoord op die globalisme wil bied. Na 'n ontmoeting met verteenwoordigers van Orania is hy uitgenooi om as spreker by die konferensie oor identiteitspolitiek in Orania op te tree.
Ek woon sedert my kinderjare in die mooi Suid-Hollandse dorp Voorschoten. Sedert 1998 werk ek as ’n voorligter en daarna as ’n fasilitêre koördinator by ’n groot onderwyssentrum in Leiden. Daarnaas studeer ek Taalkunde by die Universiteit Leiden en verrig ek vertaal- en redigeerwerksaamhede.
Ek het die webwerf in 1999 begin, aanvanklik net om teenkanting te bied aan Nederlandse ongeïnteresseerdheid teenoor die afskaling van Afrikaans in Suid-Afrika. Nederlanders het mos geglo dat Suid-Afrika ’n regverdige land was en dat alles sou regkom as daar vryheid van spraak en demokrasie is. Ek wou wys dat daar egter ook ’n verbete kulturele stryd vol van vergeldingsdrang en diskriminasie besig was om in Suid-Afrika te ontvou, en dit vereis spesiale kulturele betrokkenheid en besorgdheid vanuit Nederland en Vlaandere. Later het Die Roepstem ook die Nederlands-Vlaamse-Suid-Afrikaanse eenheid benadruk en ek het artikels oor nasionale en plaaslike identiteit en trots geskryf. Verder het ek Afrikaans-Nederlandse woordelyste saamgestel, artikels oor Nederland binne Europa geskryf en artikels oor Europa as beskawing. Verskeie auteurs het aangesluit met hul eie sienings en kennis, soos oor die Lae Lande, oor kultuurgeskiedenis en oor die Boere in Argentinië.
Nee, dié partye se huidige stand is sleg, en self bereik hulle maar min (behalwe vir Leefbaar Rotterdam in die stadsraad van Rotterdam). Maar laat my eerstens sê: ek glo nie dat partypolitiek of demokrasie die regte metodes en meganismes is om ‘n krisis te keer wat deur die einste metodes en meganismes - partypolitiek en demokrasie - ontstaan het nie. Ek het nooit in die nut van politieke partye geglo nie. Nee, identitêre partye stort ná ‘n paar jare gewoonlik in duie. Identitêre politieke partye kry mos swaar in Nederland, omdat hulle ‘n gevaar vorm vir die bestaande, gevestigde politieke partye se gedagtegoed. Hulle staan gewoonlik onder hoë druk (Centrumpartij, Centrumdemocraten, Lijst Pim Fortuyn, Nieuw Rechts). Dié partye maak daarnaas gebruik van ‘n lelike en simplistiese populisme, waardeur hulle aan hulself die rol van die enkeling teen die res toebedeel. Hierdie taktiek is aanvanklik meestal gunstig om ‘n groeiende aantal kiesers te verwerf. Dit laat gevestigde partye baie skrik. Maar populisme is nie gunstig vir ‘n in-diepte benadering van probleme en beleid nie, en dit fnuik hierdie partye se geloofwaardigheid (soos by die Partij voor de Vrijheid van Geert Wilders). ‘Underdog’-partye trek baie kiesers, maar hulle versamel ook politiese opportuniste en onbetroubare eenlinge sonder visie (Lijst Pim Fortuyn, Nieuw Rechts), wat moeilik kan saamwerk binne ‘n partyraamwerk. Hulle raak verblind deur hul eie populariteit, selfoorskatting en deur die gejaagdheid en dadedrang binne hul eie geledere. Nogmaals dink ek nie dat partikrasie die regte manier is om iets in Europa te verander nie. Die gevestigde partye neem egter heelwat standpunte oor, waardeur identiteitspolitiek darem binne liberale raamwerke wel uitgevoer kan word. Vandag se liberale en christelike partye lyk heelwat trotser op die Nederlandse identiteit as gedurende die Negentigerjare. Dieselfde het gebeur in die res van Wes-Europa. In Frankryk het die Gaulliste van Sarkozy baie patriotiese, anti-islamistiese en anti-Amerikaanse standpunte oorgeneem van enkelinge of nasionalistiese partye soos die Front National, Philippe Séguin en Philippe de Villiers. ‘n Mens kan sê dat identiteitspolitiek ‘n goeie hupstoot gekry het, danksy die alledaagse werklikheid wat op die ou end nie meer ontken of geïgnoreer kon word nie (immigrasie, identiteitskrisis). Nie die identiteitspartye het dit reggekry nie, maar die liberale partye wat hulle standpunte oorgeneem het. Dit is op sigself nie negatief nie, maar wel heeltemal roemloos vir dié mense wat binne sulke partye alreeds in die tagtigs en die negentigs so moedig was om hierdie onderwerpe te bespreek.
Dit hang af. Daar is teenkanting en uitsluiting, tensy jy dit binne die raamwerk van ‘n liberale party probeer bevorder. Nederlanders is geen kulturele of moedige volk nie; ons is handelare. Ons sal self sien hoe lank ons dit kan volhou. Identiteitsbewussyn by inheemse Nederlanders is verdag en dit is daarnaas glo gevaarlik omdat die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust ons gewys het wat identiteitstrots by die meerderheid van ‘n volk kan doen. Sulke wanpersepsies bestaan nog steeds. Identitêre groepe is baie klein en het min invloed. Mense is meestal bang vir hulle eie toekomstige werksgeleenthede en geloofwaardigheid. Buiteparlementêre identiteitsgroepe word nie heeltemal ernstig geneem nie, gestigmatiseer as rassisties en fascisties, terwyl partye onder baie druk verkeer. Grondwetlik gesien is daar alle vryheid vir sulke groepe om te sê en te skryf wat hulle wil, maar die praktyk is anders.
Ek dink die Nederlanders was keelvol dat hulle gedurende meer as veertig jaar geïgnoreer was in die diskussies oor die toekoms van die Europese Unie. Die uitbreiding en verdere verstaatliking van Europa was nooit ’n tema tydens verkiesings nie, en ondertussen het die neoliberale elites voortgegaan met hul ingrypende besluite. Ek onthou hoe geïrriteerd en verbaasd ek hieroor was, in die Tagtiger- en Negentigerjare.
Ek bedoel met “cultureel defaitisme” die gemaksugtige gedagtes wat die meeste Nederlanders kry as hulle op internasionale vlak moet opereer, hetsy binne of buite Nederland. Hulle dink dat die Nederlandse taal te onbeduidend is om te bemark. Ons universiteite wil Engels as voertaal instel tydens die meestersfase net om buitenlandse studente aan te trek. Nou gebeur dit dat ’n Nederlandstalige dosent veertien Nederlandstalige studente in Engels onderrig. Dieselfde gebeur by groter maatskappye in Nederland. Omdat daar een of twee Amerikaners op die werkvloer is, is die voertaal Engels. Ek ken talle buitenlandse jongmense wat sê dit is jammer dat hulle nie eers meer die noodsaak voel om Nederlands te leer nie: almal neem outomaties aan dat buitenlanders in hul eie internasionale kokon wil leef, en dat ons hulle nie moet belas met ons eie kultuur nie. Ek dink juis dat internasionalisering beteken dat jy uitwissel: dat jy vir ander nasies wys hoe mooi jou taal en kultuur is. Die Nederlandse mentaliteit verklaar ook die beleid dat buitenlanders in die Sewentiger- en Tagtigerjare nie eers Nederlands hoef te leer nie. Dit het rampsalige gevolge gehad vir hulle en hul kinders, want hulle het hier gebly en wou nie meer weggaan nie. Sommige inheemse Nederlanders het selfs voorgestel dat ons maar liewer Turks of Marokkaans moet leer. Hierdie houding ten opsigte van jou eie taal skaar ek onder die “Weg-met-ons-mentaliteit”: die wêreld verander en word internasionaler, dus ons kan maar beter ontslae raak van ons hinderlike taal en kultuur. Sedert Pim Fortuyn se opkoms is hierdie mentaliteit egter besig om invloed te verloor.
“Ons sal Frankryk inneem met die mae van ons vrouens”, het die gewese Algerynse president Houari Boumédiene verklaar. Dit is waar dat die islam ‘n baie ekspansiewe religie is. Emigrante (“bannelinge”, so sê Mohammed) bevind hulle nou in die Lande van Oorlog (Dar-al-Harb), almal – selfs die inheemses in die Dar-al-Harb - is eintlik moslems, maar die inheemse gashere besef dit nog nie. Almal is glo gebore as moslems. Daar is ‘n duidelike opdrag aan die belydende moslems as dit neerkom op bekering en verandering van jou onwenslike omgewing. Die meeste moslems geniet dit egter in Europa, hulle geniet die welvaart, die goeie voorsienings en infrastruktuur, die geleenthede wat hulle kry, en die meeste moslems wil sommer ‘n gelukkige lewe met ‘n groot gesin hê. Dit lyk daarop dat die Islam hier is om te bly. Mense in 'n diaspora vertoon sterk konserwatiewe neigings en moslems kry baie meer kinders as inheemse Nederlanders. Dit is ‘n vreeslike groot probleem: ons weet almal hoeveel eeue dit geneem het voordat die Joodse gemeenskap in Nederland aanvaar was deur die nie-Jode, en andersom. Ten spyte van alle naïewe geloof in die menselike verdraagsaamheid en vermengingsideale: mense is nou maar groepdiere met identiteite en kollektiewe gevoelens. Ek dink daar gaan baie sosiale en kulturele teespoed in die toekoms plaasvind. Die massa-immigrasie wat tot vandag toe aangaan, is ‘n historiese vergissing wat die toekomstige generasies ons baie sal verkwalik.
Lééf jou identiteit. Raak aktief in kultuurorganisasies en/of gee hulle geld. Jy hoef nie ’n politikus of ’n beroemde te wees om jou eie kultuur te behou nie. Hou, byvoorbeeld, gereeld ’n aandete vir jou vriende waarby jy tradisionele kos maak, met tradisionele musiek op die CD-speler. Ondersteun plaaslike musiekverenigings, reel benefietkonserte, kom saam en reel iets, maak ’n bohaai op jou werk of organiseer gesamentlike verset as jy sien jou taal word afgeskaal, skryf briewe na koerante, maak webwerwe, hou lesings, trek besigheidsmense aan vir jou kultuurvereniging, ens.
Marcel Bas, Voorschoten. |
Wilt U reageren? U kunt De Roepstem een e-mail sturen:

