DE ROEPSTEM - DIE ROEPSTEM

Afrikaans en Nederlands wereldwijd

Afrikaans en Nederlands węreldwyd


Suid-Afrika en NamibiëVlaanderenNederlandSuriname

MENU:
Deel een: Die Genootskap van Regte Afrikaners
Deel twee: Die Patriotgebou: Historiese Reus van Die Paarl





Agtergrondartikel Die Genootskap van Regte Afrikaners

Deel een: Die Genootskap van Regte Afrikaners

Voorwoord van de redactie: Die Afrikaner, het blad van de Zuid-Afrikaanse Herstigte Nasionale Party, heeft in augustus 1999 een zeer interessant achtergrondartikel over het Genootskap van Regte Afrikaners gepubliceerd. Dit genootschap was de eerste organisatie die het Afrikaans wou verheffen van 'kombuistaal' tot ambtelijke, volwaardige en rijke taal. In de twintigste eeuw is het streven van deze organisatie met groot welslagen voortgezet door cultuurorganisaties en zelfs regeringen. Afrikaans was deze laatste eeuw een volledig bruikbare taal die zich met het Engels kon meten. Het heeft als taal zijn stempel danig op de Zuid-Afrikaanse samenleving weten te drukken en kranten, tijdschriften, televisie- en radio-uitzendingen en wat dies meer zij worden tot op de dag van vandaag consequent in goed Afrikaans aageboden aan de vele miljoenen Afrikaanstaligen.
Wat de doelstellingen waren van Die Genootskap van Regte Afrikaners kunt U hieronder lezen. Ook krijgt U inzicht in de strijd die o.m. de Nederlandse heer Pannevis van Die Genootskap toentertijd voor erkenning van het Afrikaans als volwaardige taal tegen de overmacht van het koloniale Engels in heeft moeten leveren.

Noot van de redactie: Ofschoon het tijdschrift 'Die Afrikaner', waarvan dit artikel afkomstig is, van een bepaalde - zij het marginale - politieke signatuur is, wil dit niet de mening van De Roepstem weergeven.


Die Genootskap van Regte Afrikaners

AGTERGRONDARTIKEL

Die Genootskap van Regte Afrikaners

Deur Amanda Kreitzer



  • DIE regstreekse oorsaak van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners was te danke aan een man, Arnoldus Pannevis -- taalkenner, leermeester, primęre grondlegger van Afrikaans as kultuurtaal. Profeet van buite wat aan die Afrikaner in sy stomheid 'n geestelike tong wou gee.

    Op 'n onverklaarbare wyse het hy hom diep aangetrokke gevoel tot Suid-Afrika en sy Hollandssprekende bevolking. Hier aangekom, kon hy onmiddellik raaksien wat die Afrikaners in daardie stadium nog net nie te mooi van geweet het nie. Díe taal, so maklik op die oor, besluit hy, het feitlik al die sier van sewentiende-eeuse Nederlands waaruit dit gekom het, afgeskud. Sy siening, gerugsteun deur intelligente geesdrif, het hy gou oorgedra aan individue in 'n gemeenskap waarin hy hom meer as tuis gevoel het: díe van Drakenstein, veral Dal Josafat. Hy het by sy vriend, ds. GWA van der Lingen, tuisgegaan. Daar in die studeerkamer met sy baie boeke moes hierdie twee, albei met hulle eie Nederlandse erfenis, lang ure gesels het oor hierdie vreemdste en verste van die Dietse tale.

    Dit was tydens Pannevis se onderrigjare aan die Gimnasium dat hy die jong boereseun SJ du Toit uit Dal Josafat as iemand met uitsonderlike begaafdheid herken het. Du Toit se lesse by Pannevis ter voorbereiding vir Teologiese Kweekskool was 'n beslissende oomblik vir sy lewe en sienswyse. En die dag toe hierdie vurige en geniale kop die argumente en gesonde taalinsigte van Pannevis vat en in sy hart opneem, was dit die begin van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging. Van Arnoldus Pannevis het SJ du Toit self later getuig: "En hier kan ons nie nalaat om 'n man te noem wat werklik die eerste met erns die gedagte uitgespreek en ons o'ertuig het, dat ons 'n eie taal het, en wel 'n voortreklike taal, wat ons moet erken en beoefen. Die man is oţerlede mnr. Pannevis, molik die grootste taalgeleerde wat ons ooit in ons land hat."

    Nęrens blyk Pannevis se intelligente, ewewigtige siening van die saak van die Afrikaanse taal so duidelik nie soos in sy ekende bydrae tot Die Patriot in 1882: Gesprek over het Kaaps- Hollands;

    "Oom" en "Neef" voer 'n debat. "Neef" is gretig maar huiwerig. "Oom" se argumente is egter so rustig oortuigend dat "Neef" gaandeweg sy onsekerheid in vreugde voel verander... vreugde by die ontdekking van 'n bate waarvan hy nie bewus was nie. ţNeefţ leer ook van "Oom" (Arnoldus Pannevis) dat Afrikaans sy eintlike beslag gekry het toe die Hollandse gesag in Afrika opgehou het, toe die spreektaal van die Kaapse bevolking, blank en bruin, te staan gekom het voor die oorheersende feit van die węreldtaal, Engels. Wat die hele saak vir "Neef" beklink, is "Oom" se versekering: "Een naauwgezette studie en beoefening onzer taal zal haar eigenaardige kracht en biezondere schoonheid aan het daglicht brengen, en men zal zich nog eendag over dat verachte Afrikaans verwonderen..."

    Waar tevore het ooit so iets plaasgevind? Dat 'n immigrant 'n nuwe land betree, en plotseling iets van oorheersende belang in die kultuurbesit raaksien op 'n wyse wat die inheemse bevolking nog die heeltyd onwyk het? En dit teen die agtergrond van 'n Engelsman, -Lord Charles Somerst, se besieling met die idee van 'n "Empire". Dit was Engels in die howe, Engels in die skole, verkieslik ook Engels in die kerk.

    Stel jou voor: mense met 'n eie spreektaal wat hulle nie eens kon lees of skryf nie. Want daar is niks om te lees, en hulle het ook nie eens die woorde, die taalmeganiek waarmee hulle kon skryf nie. Hulle staan met 'n stukkie van 'n taal wat swaar dra aan die dooie hand van die VOC-verlede, opnuut verkneg deur 'n nog vreemder idioom -- 'n doofstom volk.

    Arnoldus Pannevis sien dit raak met die vars blik van 'n fyn, onafhanklike gees van buite. In 'n privaat brief op 7 November 1874 aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap (BBBG) in London, pleit hy dat hul die Bybel in Afrikaans moet vertaal en uitgee. Dit moes gedoen word met die oog op die Blankes en Kleurlinge wat dit beter sou begryp in Afrikaans as in Hollands of Engels. Hy doen dan ook iemand aan die hand wat volgens hom uitmuntend bevoeg sou wees om so 'n vertaling te onderneem te wete SJ du Toit. Die BBBG verwys die brief na hul plaaslike verteenwoordiger in die Kaap, ds. George Morgan. Ds. Morgan skakel toe met SJ du Toit maar hy wou eers die saak met 'n paar voorstaanders van Afrikaans bespreek alvorens hy antwoord gee. So word 'n byeenkoms gereel vir Saterdag 14 Augustus 1875 in Gideon Malherbe se huis in Pastorielaan Paarl.

    Die vergadering is deur die volgende agt persone bygewoon in volgorde van ouderdom: Gideon Malherbe, CP Hoogenhout, DF du toit (bynaam "Dokter"), DF du Toit (oom Lokomotief), sy broer SJ du Toit, August Ahrbeck en Petrus Malherbe en SG du Toit. JPJ Dempers, 'n godsdiensonderwyser van Wellington is ook verwag, maar hy het nie opgedaag nie. Almal behalwe Hoogenhout en Arbeck was familie. Maar die agt jollie kęrels het nie net vir 'n geselsie bymekaargekom nie; hulle het formeel vergadering gehou. Hulle noem dit "een voorlopige vergadering van Afrikaanders". Bybelvertaling is bespreek, maar die kar kon tog nie voor die donkies ingespan word nie. Die taal moes eers 'n vaste skryfvorm kry. 'n Kommissie word dus benoem en Die Genootskap se konstitusie ("naam en reţels") sou ogestel en by 'n volgende vergadering voorgelę word.

    Vyf maande nadat hulle die eerste keer vergader het, verskyn Die Patriot waarin "ieder Regte Afrikaander" (met Afrikaanse en nie Hollandse of Engelse harte nie) opgeroep word "om te staan ver ons Taal, ons Nasie en ons Land".

    Met reg kan gesę word dat die hele heroiese era van die Afrikanervolk deur die enkelvoudige taalaanvoeling van 'n beskeie maar diep sensitiewe mens in sy spesifieke koers en vorm geplaas is: Arnoldus Pannevis. En net so onopgemerk as wat hy gekom het is hy weer weg. Nadat hy by die Gimnasium bedank, gaan bly hy op Dal Josafat en gee daar onderwys aan 'n privaat skooltjie wat die "Gedenkschool der Hugenoten" sou word, opgerig deur die Genootskappers as 'n "lewende monument", om die twee eeue van hulle Hugenoteskap in Suid-Afrika te onthou. Sy gesondheid was altoos swak en ten tye van sy dood op die betreklike jong ouderdom van 46 het hy by WP du Plessis op die plaas Groenrivier, in Wellington gewoon.

    Vir hierdie taalbesieldes het dit gegaan oor lewenstyl, wat onafhanklikheid van gees is. 'n Bloedlyn wat ver terug loop in die verlede, van 'n lang geskiedenis van verset teen dwingelandy. Na GWA van der Lingen, Estienne Barbier, die Franse vlugtelinge en hul Vryburgergeesgenote, die slag van Majuba wat ses jaar na die stigting van die GRA plaasvind, bereik dit sy hoogtepunt met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Dit het gegaan oor die 2waarde van 'n vry mens wat op sy eie voete loop en tegelyk sy nederigheid voor sy Skepper en sy eie waarde as skepsel herontdek en daarop aandring.

    Dis karakter, -idioom van 'n besondere skeppende persoonlikheid. Dit is die betekenis van die kunstenaar of kultuurleier, om die ontwikkeling van die volk te lei deur te bepaal wat waardervol en sterk is en hom te laat lei deur sy geloof in die suiwere, en sy liefde vir die skone.

    Wanneer ons ons taalhelde eer, eer ons die geestelike dinge wat juis aan die stoflike dieper betekenis en sin gee. 'n Volk se waarde word daarom nie geskat op grond van aardse besittings of magsprestige nie, maar word gemeet aan die waarde van sy letterkunde, musiek, beeldende kunste en sy waardering vir wat goed, mooi en ewig in die alledaagse lewe is. Die aansien wat Afrikaanse taal- en letterkunde in 'n eeu verwerf het, is 'n geringe tydperk in vergeleke met die letterkundige ontwikkeling van groot kultuurvolke.

    Die Latynse skrywer Seneca het gese: "Die mens word groter na mate hy sy doel hoër stel". Mag daar in 'n tyd waar lewenstyl in die vergetelheid van middelmatigheid verdwyn het, die stryd weer aangesę word deur die volk wat Afrikaans as sy erfenis verkry het, teen die hol, vlak en onbeskaamde woord wat nie meer verhef of inspireer nie, maar soos 'n bril is wat met wasem beslaan is.

    ***************************
    Deel twee: Die Patriotgebou: Historiese reus van Die Paarl

  • Die Patriotgebou is seker een van die mees historiese geboue in die renaissance van die Afrikaner. Dit is hier waar die eerste Drukpers van die maatskappy "DF du Toit & Co." gestasioneer was. Die heel eerste "Die Afrikaanse Patriot" het dus hier sy eerste lewenslig aanskou. Die boonste verdieping van die gebou het oorspronklik 'n balkon met pilaartjies gehad en die veranda met sy dekoratiewe traliewerk het later aangekom. Die linkervleuel van die gebou was ook vir lank die woning van seker die mees gineale man wat Suid-afrika opgelewer het - SJ du Toit. Dit het alles so gebeur. In 1882 gee ds. SJ du Toit sy predikantskap in Noorder Paarl op om Superintendent van Onderwys in die ZAR te word. Na 7 jaar bedank hy in díe hoedanigheid en onderneem 'n uitgebreide toer deur die hele Europa met sy gesin. Gedurende die reis ontvang hy egter 'n brief met die skokkende nuus dat ţDe Eendrachtţ-Goudmaatskappy waarin al sy bates belę is, ineengestort het en gelikwideer is. Hy kom in 1890 met sy gesin in die Paarl aan. Dieselfde plek waar hy agt jaar tevore nog as geliefde predikant so 'n groot plek in die samelewing gehad het, en dinamiese leier van die grootste kultuurontwikkeling was, staan hy nou op die stasie- platvorm met sy gesin en 'n paar reiskoffers. Waarheen? Sy skoonmoeder Joubert kry vir hulle 'n kamertjie in die agterplaas van 'n gehuurde woning. SJ du Toit het voor die Here 'n gelofte afgelę dat as die here hom binne 'n sekere tyd tot 'n sekere bedrag seën, sodat hy genoegsaam sy gesin kon versorg, hy sy betrekking sal bedank en hom aan Bybelvertaling wy (voor sy vertrek na Europa het president Paul Kruger hom oorreed om by sy terugkoms weer sy ou betrekking te hervat). En nou het God alles uit sy hande geslaan. Gaan SJ du Toit steeds die Bybel vertaal? Met sy gesin van sewe mense, saamgehok met 'n geleende hangkas en 'n laken vir 'n afskorting, kry sy bekende węreld tog vleuels. Japie (Totius) op daardie stadium 14 jaar oud, onthou hoedat hy sy pa bewonder het toe hy, asof daar niks gebeur het nie, onder die moeilikste omstandighede gaan sit en begin skryf en die Bybel begin vertaal. Beter dae het egter aangebreek toe die gesin "enige tyd later... die linkervleuel van die Drukker-gebou betrek het". En dis in hierdie gebou waar SJ du Toit weer volstoom die leisels van Die patriot met al die joernalistiek oorneem. Nie alleen was SJ du Toit die motoriese krag agter die Eerste Taalbeweging nie, maar hy was ook die dryfveer agter die totstandkoming van die "Gedenkschool der Hugenoten". Sy herhaaldelike pleidooi as ţWare Afrikanerţ het die geesdrif ontketen vir hierdie merkwaardige skool. Hy wou niks weet van 'n dooie monument van bakstene en klei nie, "maar ter nagedagten van die vroom Hugenoten" wat hul vaderland, goed en bloed vir die eer van God opgeoffer het, moet daar 'n "levendige monument" wees. "Nee, die beste en nuttigste Gedenkteken wat ons kan oprig is 'n skool, na die behoefte van ons land en volk en kerk." Die program vir die Eerste AfrikaanseTaalbeweging was SJ du Toit se program. Dit was 'n omvattende program, nie net beperk tot een terrein van die lewe nie, maar die vestiging van die Afrikaanse kultuur op elke aspek daarvan. En SJ as Afrikaanse profeet, het die gawe besit om sy ideale prakties te verwesenlik. En die vonk wat van vader na seun oorgespring het, het sy eie vuur geword. Totius sou seker die grootste teoloog op Suid- Afrikanse bodem ooit word, veral as Bybelvertaler en Psalmberymer, naas sy bydrae as een van die beste letterkundiges en wetenskaplikes in ons geskiedenis. So staan die Patriotgebou as 'n monument en getuienis van 'n helde-era in ons geskiedenis.


  • Terug naar het menu

     

     

    Wilt U reageren? U kunt De Roepstem een e-mail sturen: Stuur 'n boodskap! Terugvoering word gewaardeer.