Die vlag van die Republiek Oranje Vrijstaat Na die Hoofbladsy Die vlag van die Koninkrijk der Nederlanden Na die Hoofbladsy Die vlag van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Transvaal


Na die Hoofbladsy

7 Oktober 2000: Die NZAW

Nederlands Zuid-Afrikaanse Werkgemeenschap

hou in Nederland die Generaal Christiaan Rudolph de Wet Herdenking
   

In verband met die honderdjarige herdenking van die Tweede Vryheidstryd, oftewel die Tweede Boere-Oorlog, het die in 1962 opgerigte Nederlands Zuid-Afrikaanse Werkgemeenschap NZAW die geboortedag van Christaan Rudolph de Wet aangegryp om stil te staan by die lewe van hierdie begaafde vegsman wat veral in die Nederlande in die begin van die vorige eeu so baie lof toegeswaai gekry het met sy suksevolle veldtogte wat die Britse imperiale oormag aansienlik gedwarsboom het.

Op 7 Oktober 2000, De Wet se geboortedag, was dit alreeds een jaar gelede toe die amptelike herdenkingsprogram van die Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog ingegaan het. Christaan Rudolph de Wet was tydens die Boere-Oorlog met President Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) en President Steyn van die Oranje Vrijstaat bykans 'n held in Nederland en Vlaandere. Hy het uitgeblink in 'n skerpsinnige, strategiese insig en volhardendheid. Gedurig was hy ongrypbaar vir die Britse soldate wat hom herhaaldelik met dryfjagte gevange wou neem. Kom ons bekyk die man nader voor ons begin met sy uitgebreider lewensbeskrywing.
C.R. de Wet was gebore op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield, op 7 Oktober 1854. Hy was sowel 'n Boeregeneraal as 'n kabinetminister, wat geveg het in die Eerste Vryheidstryd en wat 'n voorstander was van 'n hegter eenheid tussen die republieke Transvaal en die Oranje Vrijstaat. As hoofkommandant van die westelike grens van die Vrystaat tydens die Tweede Vryheidstryd het hy sy groot vernuf gewys in 'n reeks guerilla-aanvalle en gewaagde ontsnappings en was hy die mees gevreesde Afrikaner stryder. Hy het tot die Bittereinders behoort; 'n groep van dappere, onversetlike Boere wat niks meer om te verloor had nie en tot die ou end die Britte wou bestook. Hy was 'n teësinnige ondertekenaar van die Vrede van Vereeniging (1902) toe die oormagtige Britse Imperium definitief tot winnaar uitgeroep was (De Wet het ná dit egter nie stilgebly nie!). De Wet was ook Waarnemende President van die Oranje Vrijstaat vir een dag. In sy hoedanigheid as afgevaardigde van die Volksraad was hy 'n ondersteuner van generaal Hertzog en 'n mede-oprigter van die Nasionale Party (1914). Hy was betrokke by die Rebellie van 1914, waarby hy een van sy seuns verloor het. Vir die rebellie was hy veroordeel, maar spoedig ook weer deur amnestietoekenning vrygelaat (1915). In 1922 sterf hy in alle rus op sy plaas in die Oranje Vrystaat, waarna hy begrawe word by die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein.

Vandag geld genl. De Wet steeds as 'n Boerestryder wat hom van die ander stryders onderskei deur sy skerpsinnigheid, deursettingsvermoë en strategiese insig. Baie stede in Nederland en Vlaandere dra steeds die name van die hoofpersone uit hierdie ingrypende oorlog, waaronder Christiaan de Wet s'n.

Lees verder regs, langs hierdie kolom.

Op 7 Oktober is vir die eerste keer in baie jare in Nederland 'n herdenkingsplegtigheid vir die Boere-Oorlog gehou. Daar was veral aandag geskenk aan die Boeregeneraal C.R. de Wet, na wie baie strate in Nederland vernoem is. Hierdie herdenking was 'n inisiatief van die Nederlands Zuid-Afrikaanse Werkgemeenschap (u kan hier klik); 'n Nederlandse organisasie wat sedertdien die geskiedkundige en kulturele eenheid tussen Nederland en Suid-Afrika koester.
Op daardie Saterdag het 'n veertigtal mense bymekaargekom in die nasionale park De Hoge Veluwe, in die middel van Nederland. Dié tamaaie bosryke sandgrondgebied was eertyds eiendom van die vermoënde familie Kröller-Müller wat 'n groot bewondering vir die Boere tydens die Boere-Oorlog gehad het. Die familie het dan ook 'n 16 meter hoë standbeeld van Christiaan de Wet laat vervaardig deur die beeldhouer Mendes da Costa en in 1922 het hulle dit laat oorbring na hul park om hom daar op te rig. Nou staan dié beeld daar nog steeds, op die Otterlose Zand, midde-in die pynboombosse en heidevelde. Dit was 'n sonnige dag, 7 Oktober 2000, en dit was vir myself besonder om met mense te wees wat ook belang stel in die geskiedenis van hierdie besondere man, genl. C.R. de Wet.
Net soos die dae toe Nederland die lotgevalle van die Afrikaners in Afrika met gepaste bewondering dophou, het die NZAW aan die voet van De Wet se standbeeld gestaan, nadat die teenwoordiges 'n smakelike middagete genuttig het en die Bestuur in 'n onderhoudende toespraak dieper op De Wet se persoon en sy tyd ingaan. Dit was 'n weliswaar 'n ernstige aangeleentheid, maar die samensyn, die baie geselsies wat ons met mekaar gehad het en die ongebruiklike omgewing en die tema was 'n baie positiewe gebeure. Dit het die honderd jaar gelede ontketende Boere-Oorlog tasbaarder gemaak. Ek het foto's gemaak en hulle hieronder geplaas, nader verduidelik deur byskrifte. Ook kan u tussen die foto's 'n lewensbeskrywing van die generaal lees. Geniet dit!

Marcel Bas

Fotoverslag van die NZAW Generaal Christiaan Rudolph de Wet-Herdenking
op 17 Oktober 2000 te Otterlo, Nederland

Met Lewensbeskrywing






Generaal Christiaan Rudolf de Wet


     

Eers het ons in 'n rondgang in twee groepe die Kröller-Müller jagkasteel St. Hubertus - gebou deur die argitek Berlage - besoek (foto: M.R. Bas)

Die samensyn voor die 'Jachtslot St. Hubertus' voor die plegtigheid aanvang
(foto: M.R. Bas)
Lewensbeskrywing van Genl. Christiaan de Wet


C.R. de Wet, boer, Volksraadlid, beroemde vegsman en strateeg, Boeregeneraal, kabinetsminister en rebelleleier, was - soos alreeds gestel - gebore op 7 Oktober 1854 op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield. Sy pa was Jakobus Ignatius de Wet van die distrik Caledon en sy ma was Aletta Susanna Margaretha Strydom. Christaan de Wet se vroegste jeugherinneringe stam van die tyd op die plaas Nuwejaarsfontein naby Dewetsdorp - 'n dorp vernoem na sy pa. In 1865, op die uiters vroeë ouderdom van elf jaar, het hy sy eerste oorlogservaring gehad toe hy sy pa vergesel op patrollie op die grens met Basoetoland tydens een van die Basoeto-oorloë.

Christiaan de Wet het net vir 'n paar maande formele onderwys geniet. Hy het met Cornelia Margaretha Kruger getrou toe hy negentien was. Uit sy huwelik word sestien kinders, agt seuns en agt dogters, gebore.
In 1877, die jaar van die Britse Anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal), trek De Wet na die plaas Weltevrede in die distrik Kroonstad. In 1880 het hy weer getrek, nou na die plaas Rietfontein naby die Transvaalse dorp Heidelberg.

Een vlag van die Oranje Vrijstaat en twee vlae van die Zuid-Afrikaansche Republiek is ook saamgebring en word ontvou op pad monument toe, ná ons ons motors langs die teerpad parkeer het (foto: M.R. Bas)
Die herdenkingsplegtigheid nadat die fakkel aangesteek is en die Nederlandse en die Suid-Afrikaanse volksliedere gesing is. (foto: M.R. Bas)


Sy patriotisme
De Wet was 'n vurige aanhanger van die idee van nouer saamwerking tussen die Oranje Vrijstaat en die Transvaal. Tydens die
Eerste Vryheidsoorlog tussen die Transvaal en Groot-Brittanje in 1881 het hy gedien as veldkornet onder die kommando van Generaal Piet Joubert en het hy ook deelgeneem aan die stryd by Ingogo en die befaamde inneming van die Majoebaberg.
Terwyl hy steeds 'n burger van Transvaal was, was hy verkies tot veldkornet van die afdeling Rooikoppies en was hy ook 'n verkose lid van die Volksraad, die destydse parlement. Hy het net een vergadering van die Volksraad in Pretoria bygewoon in 1885 voordat hy terug getrek het na die Oranje Vrijstaat waar hy tot lid van die Volksraad verkies was vir die afdeling Bo-Modderrivier. In 1895 het hy weer die wapens opgeneem, wederom om die Transvaalse strydkragte by te staan, hierdie keer om die
Jameson-Inval die kop in te druk.
De Wet wat 'n begaafde kommunikeerder ondanks dat hy effens sleeptong gepraat het. Hy was baie welsprekend as hy sy moedertaal Afrikaans moes verdedig, soos deur hierdie aanhaling getoon word; ... "Die taal van 'n nasie is sy kosbaarste skat."

Mnr Camps hou die toespraak voor die trotse standbeeld. Agter hom word deur lede die sinnebeelde van die Boerekommandos gewys. (foto: NZAW)

Die Boere-Oorlog breek uit
Kort ná die uitbreek van die
Anglo-Boere-Oorlog in 1899 koop De Wet 'n liggekleurde perd wat hy Fleur noem. Hy het sy onsterflike faam verwerf op die rug van hierdie perd. By die uitbreek van die oorlog sluit De Wet en drie van sy seuns aan by die Vrystaatse kommando's.
De Wet was verkies tot plaasvervangende kommandant aan die Natalse front waar hy homself onderskei het by
Nicholsonsnek op 30 November 1899. By hierdie skermutseling het 300 burgers die Britse troepe verslaan, waarby 800 soldate krygsgevangene gemaak is. Ná hierdie oorwinning, op 9 Desember, het President Steyn De Wet bevorder tot die rang van Generaal in Stryd.
Gedurende Januarie en Februarie 1900 was genl. De Wet nie by magte om
genl. Cronjé te ontset van sy stelling aan die oewers van die Modderrievier om Lord Robert se aanstormende troepe te ontvlug. Cronjé se koppigheid het daarop uitgeloop dat hulle met meer as 4000 burgers moes oorgee op 27 Februarie 1900.

Die amptelike fakkel van die Suid-Afrikaanse Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog waarop die slagkreet 'Vir Vryheid en Reg' te lese is.
(foto: M.R. Bas)

Sy ster as strateeg is aan 't rys
Ná die inneming van
Bloemfontein op 13 Februarie 1900 het De Wet nuwe taktieke in die voortgang van sy oorlogsvoering begin toepas. Hy het die groot kommando's met hul waens vervang deur beweegbaarder eenhede te perd. So het hy die guerillafase van die Boere-Oorlog begin.
De Wet se vermoë om die vyand te verras word mooi gekenskets deur die slag by
Sannaspos op 31 Maart 1900 waar hy meer as 300 Britse soldate gevange neem sowel as 96 waens en sewe veldkanonne. Voorts het hy groot sukses behaal by Reddersburg en Jammerbergdrif.
Op 18 April 1900 het President Steyn De Wet as Hoofkommandant aangestel van die Vrystaatse strydkragte. Op 7 Junie het hy die Britte 'n ernstige slag toegedien by die
Rooiwalstasie waar ammunisie en provisie met 'n geskatte waarde van meer as R500 000 in beslag geneem was en later vernietig.

By die sing van die Nederlandse en Suid-Afrikaanse volksliedere... (foto: NZAW)

Lord Roberts was woedend oor hierdie voorval en het alles in die werk gestel om De Wet te vang, maar met min sukses. Gedurende hierdie periode het De Wet egter 'n swaar persoonlike hou gekry toe sy broer genl. Piet de Wet by die Britse strydkragte aangesluit het. In die loop van die oorlog word genl. De Wet 'n legendariese figuur wie se reputasie tot ver oor die grense van sy land reik, met die Nederlande en Frankryk as groot bewonderaars. Sy faam as militêre bevelhebber kan eintlik volledig gedank word aan sy suksesvolle aanvoer van guerillaoperasies. Die vernaamste doele van hierdie operasies was die sabotering van spoorweë en die aanvulling van die voorrade van sy eie strydkragte met behulp van die Britse kragte se voorrade en materiaal - hierdie operasies was selde onsuksesvol. Twee keer het hy geprobeer om die Kaapkolonie in te val, maar dit het min sukses gehad, al het dit baie emosies teweeggebring by die Kaapse Afrikaanse burgers en die verbondenheid met die lydende volksgenote in die Transvaal en die Vrystaat aldaar versterk.

Die Uwe met die Transvaalse Vierkleur (foto: M.R. Bas)
Die Vierkleur van Transvaal voor De Wet se beeltenis. Die vasberade blik van die beeld is sigbaar. (foto: M.R. Bas)

Die eindfase
In Januarie 1901 het die Britse besettende troepe Block Houses (forte, blokhuise) gebou deur die hele Vrystaat en die Transvaal. Hierdie blokhuise was, tesame met prikkeldraadheinings oor geweldige afstande, bedoel om om die guerilla-aksies te stuit, maar dit het baie min sukses behaal aangesien genl. De Wet, vergesel deur President Steyn, deur hierdie hindernisse kon breek, oënskynlik met klein inspanning.
Genl. De Wet was 'n vurige teenstander van enige vredesonderhandelings, maar was genoodsaak om op 31 Mei 1902 namens President Steyn die Vredesverdrag van Vereeniging te onderteken. Die president was siek.

In Junie 1902 het genl. De Wet verskeie kommando's in die veld besoek om hulle oor te haal tot die neerlê van hul wapens. Ná die oorlog het De Wet, vergesel van die generaals Botha en De la Rey verskeie Europese lande besoek teneinde befondsing te versamel vir die wederopbou van die - nou voormalige - republieke wat verwoes was in die loop van die oorlog. Tydens sy oorsese reis moes sy vrou en kinders op die verwoeste plaas bly, in 'n tent as enigste skuiling, nadat hulle tydens die oorlog in die konsentrasiekamp by Pietermaritzburg geïnterneer was.

De Strijd tusschen Boer en Brit
Tydens sy reis op die Saxon het De Wet sy oorlogsherinneringe geskryf, getiteld De Strijd tusschen Boer en Brit. Dominee J.D. Kestell het die in Nederlands geskryfde manuskrip aangepas wat in Nederland gepubliseer sou word. Hierdie boek sou spoedig in verskeie Europese tale vertaal word, insluitend Pools en Tjeggo-Slowaaks. Dit was pas in 1959 in Afrikaans vertaal.

Rondom die hele suilvoet - wat 'n koppie voorstel - kan 'n mens koppe van Boerestryders sien. Hierdie landskap van die Nationaal Park De Hoge Veluwe lyk baie soos 'n willekeurige Suid-Afrikaanse veld. (foto: M.R. Bas)

Die politikus De Wet
Ná die oorlog wy De Wet hom heeltemal aan die inspannings om sy volk se eer te herstel. Toe die Vrystaat selfbestuur was toegewys was hy tot Minister van Landbou benoem en het hy later as afgevaardigde van die Oranje Vrystaat die Nasionale Konvensie bygewoon wat die grondwet van die Unie van Suid-Afrika moes help vorm. Ná dit het hy homself heeltemal uit die politiek teruggetrek en hom gewy aan boerdery.

In 1913, by die inswering van die Vrouemonument in Bloemfontein sê De Wet in sy toespraak: "Ons staan vandag opnuut by die ope graf van 26 000 vrouens en kinders. Gedurende die oorlog het ons dikwels hulle liedere van die kampe af gehoor. Dit was die bewys op Wie hulle hul geloof gebou het. Laat dit die wagwoord wees van elke moeder en kind: Wees trou aan jou nasie en jou godsdiens."
Toe die politieke breuk tussen die generaals Hertzog en Botha hom voordoen in 1912 kies De Wet party vir Genl. Herzog en lewer hy gedurende hierdie periode sy beroemde toespraak in die Prinsespark in Pretoria. Hy sou een van die oprigters van die Nasionale Party word, in 1914.

Die Rebellie van 1914
Toe in 1914 die eerste wêreldoorlog uitbreek beveel Brittanje die Suid-Afrikaanse regering om die, onder Afrikaners bevriende, Duitse Suid-Wes-Afrika in te neem. De Wet het aangesluit by dié deel van die bevolking wat in opstand gekom het teen die feit dat Suid-Afrika aktief party moes trek vir Brittanje in 'n oorlog teen Duitsland. Die regeringstroepe egter, het spoedig daarin geslaag om die gewapende opstand te verpletter. Genl. De Wet se seun Danie was vermoor toe hy in aksie was naby Doornberg en Genl. De Wet self was gevang op 30 November 1914 by Waterburg. Hy was gestuur na die Fort tronk in Johannesburg en ses maande later veroordeel tot ses jare gevangenis op beskuldiging van hoogverraad.
Die boete van omtrent R4 000 was gedelg deur vrywillige wêreldwye bydraes and De Wet was vrygelaat van die tronk in Desember 1915. Hy trek toe na die plaas Allanvale naby Dewetsdorp en maak in 1916 een kort openbare verskyning by die begrafnis van President Steyn.

De Wet as inspirasie
Sy lewenswyse en dinkwyse tydens dié later fase van sy lewe was oorheers deur 'n gees van rus. Hy het gesterf op 3 Februarie 1922 en was begrawe by die Nasionale Vrouwemonument in Bloemfontein. Eers in dié jaar word in Nederland die alreeds vervaardigde standbeeld van De Wet geplaas in die Park 'De Hoge Veluwe'.

Christiaan Rudolph de Wet was een van die grootste militêre persoonlikhede in die geskiedenis van Suid-Afrika. Hy was die ongekunstelde liefhebber van die oop vlaktes wat die morale, ideale en religie van die Voortrekkers aangehang het.
Verskeie skilderye en sketse van De Wet was vervaardig deur kunstenaars soos Antoon von Welie en Thérèze Duyl-Schwartze. Beeldhouwerke van De Wet was vervaardig deur mense soos Coert Steynberg, Mendes da Costa en Anton van Wouw.

 

Met dank aan die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein.

 

 

NZAW
U kan by die Nederlands-Zuid-Afrikaanse Werkgemeenschap kuier op hierdie webwerf;
http://www.nzaw.nl. In die toekoms word meer van sulke saamtrekke beplan. U kan aansluit by die NZAW, om meer te wete te kom van aktiwiteite en geskiedkundige, kulturele en godsdienstige eenheidsbande tussen die Nederlanders en die Afrikaners. In die kader van Honderd jaar Boerenoorlog is op die internet talle ander webwerwe te sien, soos Die Burger se spesiale Boer War werf en die Bloemfontiense Oorlogsmuseum van die Boererepublieke.

Vir 'n algemener beskouing van die Boere-Oorlog kan U kyk op die bladsy van Die Roepstem kruger.html waar die persoon Paul Kruger nader bekyk word en die oorsaak en gevolg van die ingrypende stryd teen die Engelse Imperium beskryf word.

Wat nog moet gebeur
Dit ly geen twyfel dat die Boere-Oorlog in Nederland baie gevolge gehad het vir die kontakte met die Afrikaners. Voor die Britse agressie was die Nederlanders hulle nouliks bewus van die Boere, maar veral rond die eeuwisseling het die belanstelling vir die Boere groot vorms aangeneem. 'n Mens mag hoop dat die entoesiasme van die Nederlanders vir die Afrikaners aan die suider punt van Afrika deesdae ook 'n heroplewing mag belewe. Daar is baie wat Nederlanders en Afrikaners met mekaar verbind, maar wanneer die huidige identiteitskrisis van die Afrikaner in Nederland bykans ongemerk verby gaan (in teenstelling tot wat tydens die Boere-Oorlog die geval was!) dan sal ons veels te laat besef wat verlore is in Suid-Afrika aan Nederlandse erfgoed.
Dit is tyd om as Nederlandstaliges in Nederland en Vlaandere eksplisiet stelling te neem teen die verval van die Afrikaner kultuur, soos aangemoedig deur die Afrikaans-onvriendelike regering in Suid-Afrika.

Marcel Bas.

Die Uwe, Marcel R. Bas.
 

Generaal De Wet

Vir hom verdwerg
vlei
vloed
berg
kordon voor
hy's deur
hy's oor
geen knou
nog knak
of hou
verswak
sy moed!

- Jan F.E. Cilliers






Wilt U reageren? U kunt De Roepstem een e-mail sturen: Stuur 'n boodskap! Terugvoering word gewaardeer.




 

Roepstem Inhoudsopgawe / Inhoudsopgaaf:

| Roepstem Hoofdpagina / Tuisbladsy | Onderhoud met Marcel Bas in tydskrif In Diepte | Identiteitspolitiek in Nederland | Bezoek aan Zuid-Afrika in 2007 | Traditionele muziek van eigen bodem en van de Afrikaners | Menno van Coehoorn en de vesting van Namen | De Vier Heemskinderen | Wallonië is deel van de Nederlanden | Virginia Woolf's class consciousness | Boekbespreking: Hermann Wirth | Engelbert Dollfuss: corporatisme in Oostenrijk | António Salazar: corporatisme in Portugal | A la recherche du sens perdu? | De noodklok luidt voor het Afrikaans | De knieval van de Mondriaan Stichting | The Meaning of Tradition in Homer's Odyssey (English) | The demise of the Scots spelling system (English) | Waarom een Hollander een (halve) Vlaming is | Vlaanderen, de Calimero van West-Europa | Het Waalse aandeel in de Opstand | Haarlem heeft een Vlaams gezicht | Zannekin Jaarboek 2005 | Turkije is geen Europees land | Tegen EU-toetreding Turkije | Invloed van Afrikaans op Zuid-Afrikaans Engels | De Reformatie in de Nederlanden | Op besoek by die Boere-Sports in Patagonië, Argentinië | De Vlaamse Beweging en de (toekomstige) Macht | Verengelsing in Nederland en Suid-Afrika | Afrikaans, die Sondebok | Leiden, een Heel-Nederlands succesverhaal | Zuiderse kijk op de Nederlanden | Nederlandse handelscompagnies (1602-1795) en verbreiding v/d Nederlandse taal en cultuur | Guillaume Groen van Prinsterer en de Scheuring van de Nederlanden | Die trotse honderdjarige gemeenskap van Afrikaners in Argentinië (1902-2002) | De Engelse Ziekte van Tijdschrift Cosmopolitan | Van der Postgastehuis in Philippolis, SA | Pieter Geyl in Zuid-Afrika | Kleurrijk en Cultuurrijk Nederland / Kleurryk en Kultuurryk Nederland | De Nederlanden in de 21ste eeuw | Bezorgde kanttekeningen bij Euro en EU | De herrijzenis van de vertrapte Afrikaner taal en cultuur | "Er zijn geen Belgen!" | Bijdragen aan De Roepstem van Stichting Taalverdediging | Frans Vlaanderen | Prof. dr Geyl: "Zuid-Afrika in Heel-Nederlands verband" | Groot-Nederland versus Heel-Nederland? | Taalverslapping is Taalverloedering | Afrikaans - Nederlandse Valse Vrienden | De Nederlanden in het Verenigd Europa | Boere-oorlog: Genl. De Wetherdenking in Nederland | ANC-cultuurimperialisme bedreigt Afrikanercultuur | Paul Kruger en zijn Volk | "Julle Nederlanders vermoor julle eie taal!" | Afrikaans-Nederlandse opmerkelijke verschillen | De twee Nederlandse Volksliederen | Die Suid-Afrikaanse Volksliedere | Die Vlaamse Volkslied; De Vlaamse Leeuw | Die Volkslied 'Die Afrikaanse Leeu' | Het Wilhelmus, volledig en oorspronkelijk | Het Surinaamse Volkslied | Deel I Discussie: Prof. P.C. Paardekooper| Deel II Discussie: Hans van Zelsts Reactie | Deel III Discussie: Reactie Van Oostrum op Van Zelst en v.v. | "Die Genootskap van Regte Afrikaners" | Introduction to Afrikaans and the discrimination it faces (Engels) | The united Europe as an antidote to a democratic nation-state in the ideas of F. Nietzsche (Engels) | Het Gehele Ingescande Boek van Edmondo de Amicis 'Holland and its People' (Engels) |





Dinsdag 31 Oktober 2000