Naar hoofdbladzijde / Na hoofbladsy





Die Boere in vandag se ArgentiniŽ
Die wonderlike geskiedenis en hede van 'n merkwaardige gemeenskap
100 jaar Boere in ArgentiniŽ: 1902 - 2002

Die vlag van ArgentiniŽ

Die vlag van Suid-Afrika


Van die mense voor die hotel is Camillo Ricchiardi, wat die 1902-immigrasie sowel as die later emigrasie gereŽl het

Jerůnimo Ignacio Pino Coviello is 'n Argentyn wat uit
belangstelling vir Afrikaans diť taal bemeester het.
Mnr. Pino Coviello behou op hierdie teks kopiereg voor.







Afrikaners in Suid-ArgentiniŽ
Daar was altyd īn besonder verwantskap tussen ArgentiniŽ en Suider Afrika. Aan die begin van die twintigste eeu het ArgentiniŽ īn beleid gevoer om die Argentynse grondgebied te laat bewoon. Die Argentynse landbouminister Dr Wenceslao Escalante was die persoon wat die boerevolksplanting in ArgentiniŽ bevorder het.
Toe die Anglo-Boereoorlog verby was, was Julio A. Roca, van TucumŠn, president van ArgentiniŽ. Baie boere besluit toe om na ander lande te emigreer.
Margarita

        


          




          
 
 Venter

  
 
 
 
 met  
 
 haar kinders

Margarita Venter met haar kleinkinders: Gerardo P.B, Juan Augusto en Esther Petronila Myburg in ArgentiniŽ, se nuwe land. Afkomstig van die boek "In die Gront van die wint; laaste treek van die Boere".

īn Klomp families emigreer na ArgentiniŽ, met 'n belangrike rede: die Suid-Afrikaanse hoogvlakte van die Klein en Groot Karoo en die Argentynse hoogvlakte van PatagoniŽ (Patagonia) vertoon baie ooreenkomste en albei gebiede is goed geskik vir skapeteelt.Baie Argentynse amptenare het Suid-Afrika toe gegaan om die Argentynse grond vir die Afrikaners aan te bied.

Van die eerste groepe wat vir ArgentiniŽ gekies het was die families Visser, Dolten, Behr en De Merillad. In April 1902 het hulle voet op Argentynse bodem gesit. Hulle het eers na Buenos Aires gegaan en daarna het hulle na Comodoro Rivadavia gereis. Comodoro Rivadavia, naby die stad Sarmiento, is īn hawe wat groot geword het deur die ontdekking van aardolie. Diť belangrike gebeurtenis was in baie koerante van Buenos Aires opgeteken; die eerste 7 families, op 3 Junie van dieselfde jaar...



Dit sou die "Colonia Bůer" vorm.
Nuwe immmigrante
In 1903 het byna 100 ander mense in Suid-Afrika ook besluit om na ArgentiniŽ te emigreer, omdat hulle goeie nuus van die Afrikaners in ArgentiniŽ verneem het. In November 1905 kry ArgentiniŽ meer Afrikaners; die derde groep bestaan uit 300 mense. Twee jare later besef die Argentynse regering dat die boerderygrond in in die Chubut-gebied groter geword het vanweŽ die aansienlike aantal Boere in Sarmiento. In 1910 en 1920 gaan īn groep Afrikaners egter terug gaan na Suid-Afrika wanneer die "Unie van Suid-Afrika" gestig word. Hierdie nuwe staat het meer outonomie gehad as toe dit 'n Britse kolonie was.
Party familiename wat ons deesdae in Comodoro Rivadavia en Sarmiento kan vind is onder andere Myburg, Trichardt, Visser, de Bruyn, Ellof/Eloff, Botha, Norval, Vorster, Dekker, Grombeeck, Blackie, Venter, Lubbe en Kruger.


Die huidige Boere se lewe in ArgentiniŽ
Comodoro Rivadavia is die Suid-Afrikaanse gemeenskap se belangrikste plek. Dit is tewens die grootste stad. Sarmiento, Rada Tilly en op die platteland naby hierdie stede bly baie ander Boere. Sierra Chaira, baie ver van enige stad, noordelik van Sarmiento - wat Staalberg in Afrikaans is - is die plek waar die BoereSports elke jaar gevier word. Die mense wat ouer is as 45-50 jaar, praat nog vloeiend Afrikaans; die jongeres praat dit nie meer nie, maar die meerderheid verstaan dit. Hulle praat ook almal Spaans, maar geeneen van hulle het Engels as huistaal nie. Niemand in ArgentiniŽ praat mos Engels by die huis nie. Indien ons Engels leer, is dit as īn buitelandse taal.


Kaart van die gebied waar die Afrikaanse Boere Gemeenskap in ArgentiniŽ woon.

Hulle bly in Chubut provinsie, in die groot dorslandgebied wat PatagoniŽ genoem word. Diť gebied is egter baie ryk aan die petrolindustrie. Die Suid-Afrikaners wat hier die petrol gevind het, was eintlik besig om water te vind, maar toe vind hulle onverwags hierdie belangrike en kosbare delfstof. Deesdae is Comodoro Rivadavia die belangrikste petrolgebied in ArgentiniŽ, asook in die hele suidelike deel van Suid-Amerika.


Agterkant van die boek "En las tierras del viento;
In die gront van die wint, 1902-2002", wat opgedra is aan die Boere van PatagoniŽ (2002).




Die Suid-Afrikaanse-Argentynse Monument
Suid Afrikaanse-Argentynse Monument in die stad van Comodoro Rivadavia wat die 100 jare van die Boere Gemeenskap in ArgentiniŽ herdenk, dit was in 2002 gebou.


Op soek na īn nuwe land om te gaan woon: Van Suid Afrika na die Patagoniese gebied van ArgentiniŽ, regs lÍ Suid Afrika se kaart, in die middel īn ossewa, en links die Argentynse provinsie Chubut se kaart.


Op dieselfde monument staan die vanne gekerf van Boere wat nŠ die Anglo-Boereoorlog hiernatoe geŽmigreer het, byvoorbeeld, Van der Merwe, Viviers, Kruger, Van Wyk, Visser, Naudť, Van der Walt, Blackie, Botha, Van der Linde, De Bruyn, Joubert, Vorster, Snyman, Du Plessis, Pienaar, Dickanson, Myburgh, Van Heerden, Grobelaar, Edwards, Van Zyl, Venter, Coetzee, Schlebusch, om net īn paar vanne te noem, ensovoorts. EER JOU VADER EN JOU MOEDER, is op die monument geskryf.



Sterk identiteitsbewussyn
Ja, daar is īn straat in Comodoro Rivadavia wat "Colonos Sudafricanos" genoem is. Dit is Spaans en beteken "Suid-Afrikaanse Nedersetters". Hierdie straat het net Ďn klein rukkie gelede van naam verander, en gelukkig herdenk hierdie straat nou die Suid-Afrikaners. Die mense wat in daardie straat woon het self vir die munisipaliteit om naamsverandering gevra. Baie van hulle is mos Afrikaners.



Die straatteken in Comodoro Rivadavia van ver, en van naby; dit eer die Boeregemeenskap.

Teenswoordig hou die boeregemeenskap vas aan sy tradisies. Die Argentynse Boere teel skape, hulle nog kook die Suid-Afrikaanse geregte, hulle behoort aan die Nederduits Gereformeerde Kerk en hulle nog sing met nostalgie en geesdrif baie liedjies, soos Sarie Marais, Tannie met die rooi rokkie, en Suikerbossie. Soos gesÍ praat die meeste mense van 45 jaar en ouer nog vlot Afrikaans, jong en oud eet nog biltong, talle ander tradisionele kos, maar hulle het ook ontvankelik geblyk vir baie Argentynse kenmerke soos die Argentynse mate, of die woordjie 'che', wat 'n mens gebruik wanneer jy praat met īn vriend. Party Boere het in 1982 in die Falkland (Malvinas) oorlog geveg, weer eens teen die Engelse, en hierdie keer onder die vlag van hulle nuwe nasie, ArgentiniŽ. Hulle het met hul kinders en kleinkinders gehelp aan die ontwikkeling van die suide van ArgentiniŽ, in die onbekende en onontginde Patagonia, waar hulle nooit die hoop opgegee het nie.


Nog meer prentjies van Comodoro Rivadavia


'n Gebou van die Nederlandse Gereformeerde Kerk (dus nie die Nederduitse Gereformeerde Kerk nie Ė MRB) wat die Boere in 1902 saamgebring het.



NG Kerk se teken (in Afrikaans en Spaans).



Die gebou van die Genootskap van Christen Vrouens van die Suid-Afrikaanse Gemeenskap.


Die 'nuwe' Afrikaners in Noord-ArgentiniŽ
Afrikaners trek nou deur Suid-AmerikaDaar is ook īn nuwe gemeenskap in die noorde van ArgentiniŽ. Dit is 'n heel ander groep, hulle het onlangs gekom. Die drie eerste boerefamilies sal Hickmann toe kom, in die Embarcaciůn se dorpsgebied in die San MartŪn distrik. Hulle is alreeds verhuis na Paraguay maar hulle sal binnekort na Salta (ArgentiniŽ) toe kom want ArgentiniŽ het 'n beter infrastruktuur as Paraguay. Hulle het enkele studies oor die Nį 81-pad gemaak en hulle het besef dat hulle daar īn baie goeie hoeveelheid ter beskikking het wat nodig is vir die ontwikkeling van hul bedrywighede. Die beste van hierdie bestuurders is die skaapboere, en telers van bokke vir vleis en vee vir melkproduksie en by-produkte. Hierdie Afrikaner trek beteken ook die introduksie van twee onbekende spesies in ArgentiniŽ: die bok wat behoort tot die Boere ras en die skaap van die Dorper ras. Die diere is bekend vir hul vinnige groei in ses maande tot 20 kilogram (kg) vleis. Op volwasse ouderdom kan die Dorper se gewig opstoot tot 90 kg en by die geboorte kry hulle gewoonlik twee kleintjies (lammetjies).

Die eerste boere woon tans in die Republiek van Paraguay in Colonia Independencia, 200 kilometers verwyder van Asunciůn stad en FortŪn Falcůn, naby Filadelfia, eweneens in die gebied met die naam "Chaco". Die Suid-Afrikaanse boere word in ArgentiniŽ konsekwent "Boere" genoem; 'n naam wat in Suid-Afrika egter baie verskillende (negatiewe en andersins affekties gelaaide) konnotasies gekry het wanneer daarmee 'n wit Suid-Afrikaner aangedui word (in ArgentiniŽ verwys hierdie woord bloot na die etniese eienheid van hierdie volksgroep - red. Die Roepstem).
Hulle het hulself alreeds in die sewentiende eeu in Suider Afrika eeu gevestig. Hierdie heel eerste 'setlaars' was vernaamlik Hollanders en Duitsers, nie Engelse nie. Hul taal, Afrikaans, het ontstaan uit Nederlandse dialekte wat met die Europese tale en die Bantoetale vermeng het. Hierdie nuwe Argentynse boere gebruik diť einste taal in noordelike ArgentiniŽ.

Daar is īn denkbeeldige lyn wat Salta provinsie, (ArgentiniŽ) Paraguay, Suid-Afrika en NamibiŽ saamvoeg: dis die Steenbokkeerkring, dit maak dat die immigrasie 'n byna eenderse klimaat het in verskillende plekke van die suidelike halfrond. Die koloniste sal begin om binne īn halfjaar koeimelk te produseer en lusern (medicago sativa; vir voer) te groei met behulp van besproeiing. Hulle sal waterinstallasies installeer en hulle sal ook boorgate slaan om water te vind. Die eerste bestuurders wat gaan kom sal wees:

  • Nico Truter: getroud, twee kinders.
    Geboorteplek: Kalahari, Suid Afrika; is boukundige ingenieur en boer.
  • Willem Bondesio: getroud, twee kinders.
    Geboorteplek: Transvaal, Suid Afrika, is Boerperdeteler.

  • Foto's van die ou Boeregemeenskap in 1991
    'n Ingeleesde ('gescande') bladsy oor die Boere in ArgentiniŽ
    Foto een (links): Hier kan u Meneer en Mevrou Blackie se moeder sien, Mevrou Cornelia Blackie (94 jaar), lid van die oorspronklike nedersettersgroep.
    Foto twee (regs): Meneer Dietrichsen (regs), konsul van die Republiek van Suid Afrika in ArgentiniŽ, wys vir meneer Blackie, Edele Vise-Konsul in Chubut, die dag van 10 Oktober 1990; dieselfde datum as Krugerdag. Kruger was president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) tydens die Anglo-Boereoorlog.
    Foto drie (onderkant): omring deur families en lede van hul gemeenskap wens die voormalige Edele Konsul, Dr. G. Myburg, Mnr. Blackie geluk met sy benoeming.

    Uit 'n ander boek: De SudŠfrica a la Patagonia; Los colonos Bůer en la Argentina deur Rodolfo Barrese en Ignacio Bracht, 1991; Consulado de SudŠfrica, Buenos Aires 1991 (uitgegee deur die Konsulaat van Suid-Afrika in Buenos Aires); (sien hieronder).


    'n Boek van belang oor die Trek na ArgentiniŽ
    Nog 'n boek, eintlik 'n brosjure, oor die Boere in PatagoniŽ, deur Rodolfo Barrese en Ignacio Bracht.



    Boere in Santiago del Estero
    Daar is īn boerefamilie met die naam Jordaan wat onlangs ook van Suid Afrika af gekom het. Hulle is die Jordaans, hulle bly in die noorde van Santiago del Estero provinsie (noordwes ArgentiniŽ). Hulle wil graag kontak hÍ met die ander Suid Afrikaners in ArgentiniŽ. Vir meer inligtings, skryf asseblief na Die Roepstem en ons redakteur in die Argentynse TucumŠn, Jerůnimo Ignacio Pino Coviello - wat self Afrikaans en Nederlands bemeester het - sal U met hulle in kontak bring.

    Jerůnimo Ignacio Pino Coviello, TucumŠn, ArgentiniŽ.




    By Die Roepstem kan u meer oor die Boere van ArgentiniŽ lees by: Op besoek by die Boere-Sports in PatagoniŽ, ArgentiniŽ. Dit is 'n lewendige verslag van 'n besoek in 2004 wat Jerůnimo Pino Coviello aan die Boere-Sportsfees op Sierra Chaira (Staalberg) gebring het.

    Nog meer inligting oor daardie merkwaardige groot trek in die begin van die twintigste eeu na die anderkant van die oseaan, kan u vind op Sam van den Berg se tweetalige werf oor sy familie. Dit is die volgende twee bladsye: "South Africans in Patagonia" en
    "Soos vertel deur Aletta Visagie".




    Wilt U reageren? U kunt De Roepstem een e-mail sturen: Stuur 'n boodskap! Terugvoering word gewaardeer.




    Roepstem Inhoudsopgawe / Inhoudsopgaaf:

    | De Roepstem Hoofdpagina / Tuisbladsy | Bestel het boek 'Zwarte Piet: discriminerend of fascinerend? - Een pleidooi voor de zwarte Zwarte Piet', door Marcel Bas | Omstreden naamsveranderingen in Zuid-Afrika | Apartheid is gelukkig al lang afgeschaft | De snelle verbreiding van Engels voor academische doeleinden (EAP) | The rapid spread of English for Academic Purposes (EAP) | De eenzame strijd van Adriaan van Dis | Ter Verdediging van Zwarte Piet | Over Orania: een Nederlandstalige verklaring | Onderhoud met Marcel Bas in tydskrif In Diepte | Identiteitspolitiek in Nederland | Bezoek aan Zuid-Afrika in 2007 | Traditionele muziek van eigen bodem en van de Afrikaners | Menno van Coehoorn en de vesting van Namen | De Vier Heemskinderen | WalloniŽ is deel van de Nederlanden | Virginia Woolf's class consciousness | Boekbespreking: Hermann Wirth | Engelbert Dollfuss: corporatisme in Oostenrijk | Antůnio Salazar: corporatisme in Portugal | A la recherche du sens perdu? | De noodklok luidt voor het Afrikaans | De knieval van de Mondriaan Stichting | The Meaning of Tradition in Homer's Odyssey (English) | The demise of the Scots spelling system (English) | Waarom een Hollander een (halve) Vlaming is | Vlaanderen, de Calimero van West-Europa | Het Waalse aandeel in de Opstand | Haarlem heeft een Vlaams gezicht | Zannekin Jaarboek 2005 | Turkije is geen Europees land | Tegen EU-toetreding Turkije | Invloed van Afrikaans op Zuid-Afrikaans Engels | De Reformatie in de Nederlanden | Op besoek by die Boere-Sports in PatagoniŽ, ArgentiniŽ | De Vlaamse Beweging en de (toekomstige) Macht | Verengelsing in Nederland en Suid-Afrika | Afrikaans, die Sondebok | Leiden, een Heel-Nederlands succesverhaal | Zuiderse kijk op de Nederlanden | Nederlandse handelscompagnies (1602-1795) en verbreiding v/d Nederlandse taal en cultuur | Guillaume Groen van Prinsterer en de Scheuring van de Nederlanden | Die trotse honderdjarige gemeenskap van Afrikaners in ArgentiniŽ (1902-2002) | De Engelse Ziekte van Tijdschrift Cosmopolitan | Van der Postgastehuis in Philippolis, SA | Pieter Geyl in Zuid-Afrika | Kleurrijk en Cultuurrijk Nederland / Kleurryk en Kultuurryk Nederland | De Nederlanden in de 21ste eeuw | Bezorgde kanttekeningen bij Euro en EU | De herrijzenis van de vertrapte Afrikaner taal en cultuur | "Er zijn geen Belgen!" | Bijdragen aan De Roepstem van Stichting Taalverdediging | Frans Vlaanderen | Prof. dr Geyl: "Zuid-Afrika in Heel-Nederlands verband" | Groot-Nederland versus Heel-Nederland? | Taalverslapping is Taalverloedering | Afrikaans - Nederlandse Valse Vrienden | De Nederlanden in het Verenigd Europa | Boere-oorlog: Genl. De Wetherdenking in Nederland | ANC-cultuurimperialisme bedreigt Afrikanercultuur | Paul Kruger en zijn Volk | "Julle Nederlanders vermoor julle eie taal!" | Afrikaans-Nederlandse opmerkelijke verschillen | De twee Nederlandse Volksliederen | Die Suid-Afrikaanse Volksliedere | Die Vlaamse Volkslied; De Vlaamse Leeuw | Die Volkslied 'Die Afrikaanse Leeu' | Het Wilhelmus, volledig en oorspronkelijk | Het Surinaamse Volkslied | Deel I Discussie: Prof. P.C. Paardekooper| Deel II Discussie: Hans van Zelsts Reactie | Deel III Discussie: Reactie Van Oostrum op Van Zelst en v.v. | "Die Genootskap van Regte Afrikaners" | Introduction to Afrikaans and the discrimination it faces (English) | The united Europe as an antidote to a democratic nation-state in the ideas of F. Nietzsche (English) | Het Gehele Ingescande Boek van Edmondo de Amicis 'Holland and its People' (English) |




      Hierdie bladsy is gepubliseer op 11 Desember 2002
      en op 24 Februarie 2004 bygewerk.



      Na

    die Roepstem Hoofbladsy
      Naar Thuisbladzijde


      of:

      Naar boven